Tuesday, December 30, 2014

Hartebeeskuil Dam

Ek wonder wat is die amptelike definisie van 'n kampplek.
Is daar sekere minimum vereistes, of kan enige mens met 'n lappie grond dit beskikbaar stel

en siedaar, vra 'n lekker fooi en noem jouself 'n kampplek!

Ek het so 'n gevoel dit is wat gebeur het by Hartbeeskuil dam net buite Hartenbos.  Daar was seker

een maal oor 'n paar biere besluit om dit 'n kampplek te maak.


Daar is 'n portatoilet..die soort wat kan omval in sterk wind.  Jy kan gaan stort langs die huis na 'n ver geloop.  Daar is werklik niks hier nie..motorfietse word ook nie toegelaat nie.


Ons het familie oorgenooi vir 'n vinnige braai maar verder is hier nie veel om te vertel nie.



Dit sal wel lekker wees as mens saam met iemand kan visvang of net rondlĂȘ en lees.  Ongelukkig doen G4 nie een van die twee nie, so dit was maar 'n lang naweek.





Die hoogtepunt was die mak wildebees oppad terug.



 Daar kan meer opgelees word oor die visvang kondisies hier by Hartebeeskuil Visvang.

No comments:

Post a Comment